Time left:
4
4
9
9
Days
1
1
9
9
Hours
3
3
3
3
Minutes

Die Diasfees wat vanaf 1-4 Februarie 2018 plaasvind, is beslis ‘n hoogtepunt vir alle Mosselbaaiers en besoekers. Die historiese kultuurfees met die tema “waar kulture ontmoet” strek oor vier dae en bied die geleentheid om die dorp se ryk geskiedenis te herleef, met hope pret en vermaak vir oud en jonk om te geniet.

Die fees begin met ‘n kultuuraand op Donderdag 1 Februarie, waarna drie dae van feesviering vanaf 2-4 Februarie 2018 sal volg wat ‘n straatparade en verhoogprogram met internasionale sowel as plaaslike kunstenaars, uitstallings en stalletjies, straatparade, biertent, teetuin en ‘n verkeidenheid vermaak vir die kinders insluit.

Feesgangers kan ook uitsien na die gewilde motorsport gimkana, vlagspronge en meer.

Sowat 35000 feesgangers van regoor die land en nasionaliteite van oor die wêreld heen word by die Diasfees 2018 verwag. Toegang is gratis!